Kleur en karamel

Kleur en karamel

Ratings1

Average rating5

15

Kleur en karamel is die lekkerste Romanza wat ek seker nóg gelees het. Dit voel soos karakters wat ek ken. Die boek speel af op plekke wat ek ken, die mense praat my taal en ek kon met elke karakter identifiseer. Vir Nicolene kon ek hoor, dis asof ek haar wou vra om my te leer kerrievis maak vir die pase, asof sy in my dorp woon. Hanri, Lily en Hein voel soos vriende.

Hierdie Romanza is regtig eietyds, al word dit bemark as lesbiese Romanza, is daar baie ander verhoudings ter sprake. Verhoudings tussen vriendinne en vriende, mense van verskillende ouderdomme, rasse, geslagte en genders. Presies soos die lewe self is. Daar is net soveel draadwerk en misverstande ook.

Alhoewel Romanzas aan sekere vereistes moet voldoen en daar ook beperkingsis, lees Kleur en karamel glad nie resepmatig nie. Dis lekkerlees op die naat van jou rug onder ‘n koelteboom. Met die musiek waarna hulle luister natuurlik, want dis al my ou gunstelinge. (Kyk op YouTube of Spotify vir die speellys)

Knap gedaan LAPA en Analize, hierdie is baanbrekerswerk en ek hoop dit lei ‘n nuwe era in.

Lees asseblief Anschen se resensie, sy het dit baie knap saamgevat!

February 3, 2022