Ratings1
Average rating4
Dalk is hy hier. Besig om jou dop te hou. Dominique is ’n kunstenares en ’n hoogsbetaalde gesellin wat spesialiseer in seksfetisjes. Martin is ’n sielkundige wat bekruipers navors. Hul paaie kruis wanneer Dominique by Martin om hulp aanklop omdat sy agtervolg word. Hulle mag so uiteenlopend wees soos nag en dag, maar albei word geteister deur donker geheime. Martin het syfers nodig om sy angstigheid te beheer, Dominique die vertroosting van haar sekswerk-persona, Courtesan. Soos Dominique en Martin deur haar lys van klante werk om Die Bekruiper te ontbloot, word die bedreiging al hoe erger. En die tyd al hoe minder.
Reviews with the most likes.
Hierdie boek is geskryf in die allerlieflikste taal. Die skrywer gebruik wonderlike beelde om die verhaal te vertel.
As riller kan ek dit nie beoordeel nie, omdat ek nog baie min daarvan in my lewe gelees het. Normaalweg gee ek geen flenter om who dit it nie, ek wil weet van die proses om tot by die daad te kom. En ek het gehou van hierdie proses.
As jy die boek wil lees om rowwe seks te lees, gaan jy dalk teleurgesteld wees. As jy erotiek soek, look no further. As jy wil weet van die lewe van ‘n sekswerker en die psigologiese effek, lees dit. Dit is baie duidelik dat die skywer baie navorsing hieroor gedoen het.
“Een keer ‘n week sink Danie weg in Dominique se kurwes. Sy proe soos ‘n stukkie nat hout. Vars met die geur van reën gegiet in haar grein.”