Ratings1
Average rating4
We don't have a description for this book yet. You can help out the author by adding a description.
Reviews with the most likes.
As ʼn verhaal van E. Kotze afskop in Suidwes-Afrika, weet jy die karakters gaan kort voor lank teen die Weskus van Suid-Afrika beland. Sy is immers al dekades lank bekend vir haar kortverhale en romans wat daar afspeel.
Die moeilike lewe van ʼn vissersgemeenskap en die vroue van vissermanne word uit eie ervaring uitgebeeld, daarom oortuig dit heeltemal.
Hulle noem haar Carminda is Kotze se mees persoonlike werk en waarskynlik ook haar laaste. Lesers wat nie haar werk ken nie, sal waarskynlik nog beter kan assosieer en fyner kan lees, as hulle hierdie boek eerste lees, pleks van lesers wat met haar werk oor die jare saamgekom het.
Die boek is opgedra aan haar oorlede man, Willie.
Vir die Skipper
“Jy is agter die skuim van ‘n breekbrander, in die soet sap van somervrugte, fynbos se heuning-koek. Jou stem en handgebare vertel ongelooflike stories wat bly voortleef wanneer ons van jou praat.”