Ratings1
Average rating4
We don't have a description for this book yet. You can help out the author by adding a description.
Reviews with the most likes.
As jy ‘n liefhebbers is van fantasie, wetenskapsfiksie, magiese realisme, distopiese verhale of as jy sommer net ontvlugting soek in ʼn speurverhaal, kan jy hierdie boek wat so ongewoon soos sy voorblad is, nadertrek. Dit lees vlot en maklik, ten spyte van ʼn verwikkelde plot en gebeure.
Die karakters is kleurvol, vol geheime en fantasie, daar is kreatiewe taalgebruik en verrassings om elke draai. Die visuele aanbieding van die verhaal is sodanig dat dat “deep point of view” tot die uiterste ingespan word.
Die poeierblou klede van Elias Winter se sektelede waar hulle langs die meer bymekaarkom, gee ʼn eteriese atmosfeer, wat brutaal afgewissel word met bloed en ʼn verlate luiperdvelskoen. Die skrywer kry dit reg dat die leser op die mees ontoepaslike plekke onder grusame omstandighede te laat lag, soos die geval is in ʼn briljante Netflix-reeks soos Breaking Bad. Die leser weet nooit wat om te verwag nie, die enigste sekerheid is die afgebreekte brok maan wat al vir 14 jaar mik om die aarde te tref en dan sonder twyfel ʼn einde aan alles te maak.
Daar is min hoop te sien in die dorp Dennehoop, waar die inwoners mekaar se geheime ken en mekaar met onderduimse goed beduiwel. Om vriend en vyand uitmekaar te ken tydens kaptein Emma Rosely se ondervragings, wys op die menslike aard wat mekaar sal belieg en bedrieg. Die boek is propvol ironie en fyn dwarsklappies na die gewone mens se maniere en hebbelikhede, word telkens uitgedeel. Die leser word toenemend meer onrustig omdat mens besef, dat ons ons eie realiteite skep, en dinge sien soos ons dit wil hê, nie soos dit noodwendig is nie.
Dit klim in die leser se kop. dit smokkel in so ʼn mate met jou kop dat jy vir jouself ʼn alibi wil uitdink. Jy wil immers voorbereid wees wanneer kaptein Emma Rosely jou ondervra oor waar jy die dag was toe die begin van die einde van die wêreld aangebreek het.