Ratings1
Average rating4
Gerda Taljaard se debuutroman is 'n tragikomedie van wanhoop en byna waansinnige humor. Op 'n verbluffende wyse wys Taljaard aan haar lesers dat die lewe so verskriklik en terselfdertyd so mooi kan wees.
Reviews with the most likes.
Hierdie was vir my ‘n uitstekende voorbeeld van domestic noir, nog voordat dit as genre beskryf en gewild geword het.
Die boek lees maklik en vinnig, maar het baie diepte en jy lees van die paragrawe oor en oor, die donker kante van mense word so onthutsend eerlik en in gewone taal geskryf, dat dit as sulks nie skok nie.
Ek is jammer dat ek nie die boek op my Kindle gelees het, dat ek die stukke kon merk nie. Helena, nog onder haar ouers se dak, moet tydelik ‘n kamer deel met haar ouma. Almal wat in die 70's grootgeword het, sal die lewe in Pretoria se Moot herken. Helena en haar ouers se lewe is in die tipe huis wat jy as jongmens vermoed het dalk bestaan, waarvan jy gehoor het, maar nooit eerstehands ervaar het nie. Gerda Taljaard bring jou tot binne-in so ‘n huis.