Ratings1
Average rating3
We don't have a description for this book yet. You can help out the author by adding a description.
Reviews with the most likes.
Bring opofferings altyd genade? Dikwels veroorsaak dit ook meer wroeging terwyl mense die emosionele impak van ‘n opoffering moet verwerk. Kan heling ooit volledig gewaarborg word? In Irize Loots se tweede roman, Offers vir genade, word die impak van verskillende tipes opofferings belig.
Die boek word tereg as ʼn drieledige verhoudingsroman bemark. Die verwikkeldheid van verhoudings tussen werkgewer en werknemer, tussen sibbe en ouer-kind verhoudings word is dwarsdeur ʼn tema, met die liefde ook tussenin.
Ongelukkig sal kritiese lesers vele feitefoute kan uitwys. Datums wat nie klop nie, selfone wat ʼn taamlike rol speel in die boek was nog nie beskikbaar in die middeltagtigs nie, so ook CD's en mikrogolfoonde wat genoem word.
Die boek word aanbeveel vir almal wat al ʼn persoonlike opoffering moes maak, veral mense wat met die tydsgees van die plaasroman in die tagtigs kan assosieer.