Ratings1
Average rating4
"Die bekoring van die Olimpiese Spele dryf haar om 'n roman te skryf met 'n kinkel van misdaad, drama en aksie. Olifant op n Sweefstok is die eindproduk. Die lewe gooi Kyle drywend tussen twee trapezes met geen vangnet nie. Ansje veg vir Kyle se liefde terwyl swem hom opeis. Christoff, Bianca en Carla trek Martinette, die nuwe intrekker van die ou huis met die raaiselagtige Olimpiese swembad, die vriendekring in. Vlootkaptein Luke Maree seil met sy humor en sjarme die mengsel binne en lewens maak 'n tuimeldraai. Verraad gebeur wanneer geheime wat blootgelê moes word, stilgehou word.Impulsiewe besluite word geneem tydens intieme, ekstatiese vuurwerkoomblikke. Misdaad en verliefdheids-waansin se lyne is grys wanneer liefde bewys wil word. Sosiale media is die kragtige instrument wat verwoesting of blits-roem bewerk. Met die jaagtog na Olimpiese plek, podium en glorie staan die wenners bo terwyl die verloorders sink. Swem meet in splitsekonde-slae terwyl liefde stadig of dringend in hartslae pols.Wat sal dit neem om die olifant op die sweefstok te konfronteer?"--Publisher's description.
Reviews with the most likes.
Olifant op ‘n Sweefstok deur Lelanie Roode is ‘n jeugroman wat die bekoring van die Olimpiese Spele met intrige, drama, en aksie verweef. Die leser volg die lewens van Kyle en Marinette, twee karakters wat op ‘n koord van liefde, verraad, en die jag na Olimpiese glorie dans.
Kyle is ‘n swemmer met drome en ‘n donker geheim, en Marinette, ‘n nuwe inwoner in Hattiesburg met ‘n verwaarloosde swembad vol Olimpiese geheime. Jaloesie, verraad en afpersing word aangeraak wanneer die skadukant van geheime na vore kom.
Met die agtergrond van die Olimpiese droom en die genadelose realiteite van die swemwêreld, is hierdie debuutroman eerder ‘n liefdesverhaal vir tieners, met genoeg diepte vir jong volwassenes. Daar is ook lekker vrery in die boek, soos wat die jonges doen, maar dis smaakvolle en subtiele erotika.
Die skrywer se eie ervaring in swem voeg ‘n diepte aan die watertonele toe, terwyl die roman temas van verraad, liefde, en die krag van sosiale media verken.
Tegnologie se plek word beklemtoon deur ‘n skanderingskode vir ‘n Spotify-speellys in te voeg. DIt het my lekker jeugdig laat voel om die meeste van die musiek te herken!