Ratings1
Average rating4
We don't have a description for this book yet. You can help out the author by adding a description.
Reviews with the most likes.
Met hierdie saamgestelde bundel van Frederik de Jager, Ver in die wêreld, reis ons saam na verre lande en lees ons van die lief en leed van mense daar, maar dis geen liefdesverhaal oor Kittie nie.
Ver in die wêreld Kittie Kittie Kittie
Ver in die wêreld Kittie, Kittie oor die see
Ons het heerlik gedraai en geswaai op hierdie volksliedjie, in ʼn tyd toe volkspele nog ʼn skoolaktiwiteit was en vrygeleentheid vir jonges gebied het. Dit het ons as tieners laat verlang na die liefde wat meer romanties ver in die wêreld geklink het.
Nou het amper almal om ons kinders en kleinkinders wat oorsee na ʼn beter lewe gaan soek het; en is ons intens bewus van die verlange en verdriet daarvan.
Met hierdie saamgestelde bundel deur ʼn klomp bekende en ʼn paar minder bekende skrywers, wys de Jager net soos in sy bundel Man op ʼn fiets êrens heen, deur sy keuse van skrywers sy fyn waarneming en oordeelsvermoë.
Dis goeie verhale van hoë literêre kwaliteit deur uitstekende skrywers, wat baie toeganklik, rou en ‘real' aangebied word.
Die realiteit van emigrasie word vir ons op ʼn baie realistiese manier, deur die beste medium daarvoor – deur stories – geskets. Hierdie is ʼn boek wat by die wydste lesersmark moontlik gaan aanklank vind, nie net by mense met kinders en naastes wat oorsee woon nie, maar ook by almal wat bloot hunker na ʼn “beter lewe”, met “beter lewe” hierdie keer in aanhalingstekens.