Ratings1
Average rating5
Op Broedersdraai is daar perde tussen vier susters. Dit is 1945. In Europa woed die Tweede Wêreldoorlog; in Suid-Afrika die stryd tussen Sap en Nat, tussen die Rooilissies en die Ossewabrandwag. Ivy, die jongste, wil ’n onbevange lewe hê, ’n ander werklikheid waar sy kan liefhê wie sy wil. Sy skaar haar by die Stormjaers wat Smuts en sy oorlog in die wiele probeer ry. Sophié staan by die regering; haar man se ambisie en loopbaan hang daarvan af. Beatrice hunker na haar Boas, al het sy hom doodgewens. Terwyl elkeen die struwinge van die tyd aan eie lyf voel, is dit Kietie wat verder as haar drie susters sien. Waar Domenico Valente, ’n Italiaanse krygsgevangene, sy verskyning maak, word die spanning op die spits dryf. Gerda Taljaard se Vier susters is ’n priemende roman wat die tradisies van die historiese en die plaasroman omkeer.
Reviews with the most likes.
Gerda Taljaard kan niks verkeerd skryf in my oë nie, dis al! Die interessante voorblad maak dit van die begin af duidelik dat niks gaan wees soos wat jy dink nie. Dit is nie ‘n tipiese plaasroman nie, dis nie ‘n tipiese oorogsverhaal nie. In hierdie verhaal moet jy tussen die lyne lees, jy moet uit ander perspektiewe kyk, as't ware na die negatief van ‘n kiekie. Jy moet ook dinge uit ‘n ander persoon se perspektief sien.
Hierdie is alles wat jy van ‘n Gerda Taljaard–boek kan verwag. En meer.