Ratings1
Average rating4
We don't have a description for this book yet. You can help out the author by adding a description.
Reviews with the most likes.
Voëlvrou was verrassend anders as enige iets wat ek hierdie jaar gelees het. Dit is ‘n magies-realistiese verhaal met ‘n sterk spirituele inslag.
Die begin slaan na Raka, wat die donkerte in die mens verteenwoordig en hierdie aspek word dwarsdeur die boek getrek en stel nooit teleur nie. Die kinders wat die Voëlvrou vind, is onbevooroordeeld en por haar aan om te vlieg, om die ligtheid te ervaar.
Menslike broosheid, aftakeling en transformasie word deeglik uitgebeeld deur die verskillende verwonde vroue, wat ‘n tipe heilige drie-eenheid vorm. Dan is daar ook klein Thupelo, ‘n Messiasagtige klein figuur.
Daar is bonatuurlike elemente en spiritualisme in al sy vorms. Dit betrek die voorvaders, daar is elemente van Christelikheid soos die Paasfees. As mens reïnkarnasie as konsep sou oorweeg, sou jy ook parallelle lewens hier kon sien afspeel. Mens kan dus uit verskillende spirituele oogpunte na hierdie verhaal kyk en jy sou diepte daarin kon sien en die gebeure interpreteer in terme van jou eie geloof/ongeloof.
Die Groot Siekte en die inperking vorm ‘n integrale deel van die verhaal, die leser kry nie die gevoel dat dit haastig bygewerk is nie.
Die Voëlvrou word as ‘n soort engel uitgebeeld, ‘n gevalle engel met beskadigde vlerke, wat weer sterker word deur die deernis en begrip wat sy van die kinders kry en ook van Mapule, wat haar eie verlede vir die eerste keer kon konfronteer deur gesprekke met die Voëlvrou.
Sentraal in die boek is die tema van die vrou, en veral die gay vrou, wat haar individualiteit en haar stem vind, haar menswees erken kry.
Vlieg vry, Voëlvrou. Jy het jou stem gevind. Jy is volledig mens.